Bydraes

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES of somer net KLETS...
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Thursday, September 1, 2011

Totsiens Vleisboek...

Ag, wat ‘n droewige dag! Vleisboek het besluit ek is nie ‘n "wettige persoon" nie. Ek moet nou, soos wanneer ek aansoek doen vir ‘n telefoon of enige ander middel van kommunikasie, ‘n afskrif van my I.D. boek aan hulle stuur. Bid jou dit aan! Ek besit nie eens een van daai skandeer toestelletjies om ‘n kopie te maak nie en ek is ook nie van plan om my ou bakgeldjies en karige staatspensioen te gebruik om een aan te skaf net vir dié doel nie.

By die kinders kan ek ook nie gaan aanklop om hulp nie, want dan gaan hulle én Oompie weldra uitvind dat ek in die stilligheid onder die persona, Antie Gedorie, skryf. My enigste hulp, Nefie, woon honderde kilometers van my af en hy kom ook nie binnekort kuier om my uit hierdie penarie te help nie. Inteendeel, hy raai my af om ‘n kopie van my I.D. aan Vleisboek te stuur, want dan is my identiteit ook nie meer privaat nie. Hoe nou gemaak? Nee wat, Antie roep maar vaarwel aan haar vriende op die sosiale netwerk. Hulle is tog nie armer sonder my nie...

Tot weersiens Vleisboek vriende!

2 comments:

  1. Jong, jy't Nefie se gedagtes gelees. Hy het vir my die ding opgestel, maar ek verstaan dit nog nie so lekker nie, maar een van die dae gaan ek op Twitter kwetter soos 'n vink!

    ReplyDelete