Bydraes

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES of somer net KLETS...
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Friday, October 14, 2011

Vleisboek... ou koeie!

Ek wil nou nie weer ou koeie uit die sloot loop grawe nie, maar hierdie storie het vir my kom soek, nie ek vir hom nie.  Ek het gedag ek het die Vleisboek hoofstuk afgesluit en agter my gesit, maar smaak vir my die koei wil nou nog nie gaat lê nie...

Soos dit vir my lyk, is my Vleisboek rekening is nie die enigste wat sommer sonder rede gesluit is nie.  Ek kry van more ‘n e-possie van ‘n bekende e-boek maatskappy (Gaat liefs nie name noem nie, netnou kom soek die Vleisboek Mafia my), dat hul rekening ook sonder rede “gesluit” is.  Hulle mag nie hul web adres pos op Vleisboek, want dit is gerapporteer as “spam”.  Wat ookal “spam” is, ek kry nog nie die rekenaar terminologie onder die knie nie.  Spam klink vir my al te veel na iets wat te doen het met ham en sop.... “meng nou met varkies, dan land jy in die sop”... of iets dergeliks.

Ek dwaal alweer van die storie af.  In ieder geval, ek was vir maande in sak en as oor Vleisboek my rekening gesluit het, tot ek die skrywe ontvang het.  Ek gaan vra toe va’more vir Googel of daar nog mense in dieselfde bootjie is... en jou wrintie!  Die mense kla steen en been oor Vleisboek wat net rekeninge links en regs sluit.  Daar’s selfs mense wat dit oorweeg om Vleisboek te dagvaar, want hul het groot geld uitgegee op al die Vleisboek-foefies en nou is hul rekeninge tot niet.  Daar is ook ander wat vrywilliglik hul rekeninge sluit en die sinkende skip verlaat...

Plaas hulle die skelms se profiele sluit, maar nee... hulle kom weg met moord en verkragting en oumensies soos ek word geteiken.  Ek is sommer weer van voor af die dingeste in!  Vir my vriende en vriendinne wat nog op Vleisboek is, wil ek net sê, “moenie verbaas wees as Vleisboek more soos ou beskuit verkrummel nie”.  En aan die manne van Vleisboek, “kjênders, julle maak droog!”

NS: Vir die van julle wat gewonder het waar in die kuberruimte ek my nou bevind, kom besoek my gerus op http://en.netlog.com/Gedoriewaar

No comments:

Post a Comment