Bydraes

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES of somer net KLETS...
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Tuesday, June 14, 2011

Slegte wien…

Ou Jantjie help my vanmore met 'n paar los werkies hier op die werf en vertel my so in die gewerskaf van die naweek se gebeure….

Jantjie: “Ou Noî, djy onthou varra Gammat?”

Ek: “Ja, Jantjie….”

Jantjie: “Noî wiet hoe die bokker syp?”

Ek: “ Ja, ek weet…”

Jantjie: “Nou Vrydag het Gatiep en Johnny besluit hul ga va hy wat Gammat is, kjêrk-toe sliep….”

Ek: “Dis ‘n mooi gebaar, Jantjie….”

Jantjie: “Ou Noî wiet, daai was eintlik ‘n balls-up!”

Ek: “ Hoe so, Jantjie?”

Jantjie: “Daai man het g’n respekte of maniere nie!”

Ek: “Hoekom?”

Jantjie: “Nei, ek het vi my vrek ga-skaam va die man!”

Gammat is ‘n dood-goeie ou, maar hy was van sy geboorte af nog nooit in ‘n kerk nie. Hy ken die binnekant van kroeë veel beter..

Jantjie vertel die storie van die driemanskap in die voorste kerk ry. Gammat hou die spul dop terwyl die kollekte mandjies omgestuur word. Gatiep en Johnny gooi elk ‘n paar munte in die mandjie en Gammat volg hul voorbeeld nadat hy eers al sy sakke deurgegaan het, maar hy’t heel duidelik nie ‘n clue hoe die kerklike rituele werk nie.

Die brood word omgestuur en Gatiep en Johnny neem elk ‘n stukkie en eet dit eerbiedig. Gammat brom onderlangs iets oor ‘n “sampel”, maar eet nietemin die stukkie brood. Die nagmaal beker word omgestuur en elkeen neem ‘n klein slukkie. Die beker kom by Gammat, hy kyk rond, vat ‘n vet sluk en trek sy onderlip so oor sy neus. Sy gesig is die ene plooie.

“Jarra!”, skree hy “die is dam va djou farkin’ slegte wien… das blerrie suur man! Pure vinegar!! Wa’t djille hierie kak loep koep?”

Die mense in die kerk kyk verskrik rond, ouderlinge laat sak hul koppe en die predikant kruip agter die preekstoel weg om sy verleentheid te verberg. Na die diens stap hul uit en by die deur word daar weer kollekte geneem, waarop Gammat hom sleg vervies en vir die diaken sê, “Djou mour! Ek het kla ga-pay va dai kak-sleg wien en ‘n sampelkie droë broed! Nou wil djy nog hê ekke moet betal va die kak entertainment oek? Djy kan gan skyt, hôr djy!”

Maandag by die werk, sit die manne en eet aan hul skafting tydens “lunch-break”. Gammat hou aan sy broodjies deur sy hol trek voordat hy dit eet. Johnny vra vir hom “en nou, wat mak djy da?”

“Nei”, se Gammat “dis daai kak wien va Sondag se skjêld!”

Gatiep vra, “nou hoe ka dit die wien se skjêld wies dat djy djouse broed deur djouse hol trek?”

“Nei”, sê Gammat “vannat ek daai wien ga-syp het, het al die smaakknoppetjies op myse tong na myse hol ga-migrate en nou ka ek net proe wat ek iet as ekke die kossies deur myse hol trek!”

No comments:

Post a Comment