Ek is nou nie ‘n ou vir politiek nie, maar geniet dit om sirkus toe te gaan. Ek hoor maar so op die nuus van al die dinge rondom God-Zille, Delille en die Pap-brigade. As dit nie ou Stortkop en Vetseun is wat my kopskuddend en tongklikkend so in die stilligheid laat lag nie, dan is dit die res van ons ou landjie se voorbarige staats-aap-tenare wat my pleinweg die moer in maak. Dit is voorwaar ‘n sirkus, wat bestuur word deur ‘n spul narre met geldgierige ape op hul skouers wat hul natuurlik voorsê wat om te doen. En een vet klein kak, wat die sweep klap. Die dat die land van ons so in sy moer is.
Ek lees nou weer vanoggend, Vetseun en sy jong-papvreters-gulde se uitlatings oor Botswana. Ek dink dis ‘n kwessie van “jealousy makes you nasty” of Vetseun voel hy word bedreig deur Khamie se sukses. Nee, die poephol wil eerder vir Mug-apie ondersteun, wat man-alleen ‘n hele kontinent kan ruïneer, as om die voorbeeld van ‘n suksesvolle swart leier te volg. Het jul al opgelet hoe baie die seniele Zim-diktator na Hitler lyk? En onse Vetseun? Hy trek nogal baie op die onnosele Homer Simpson!
En dan is daar natuurlik die nuutste bogger-op van Stortkop om “Regter” Moegoe aan te stel wat glo minder as die kat van saffraan weet van reg en geregtigheid. Wat wil Stortkop daardeur bereik? “Bloody Agent”! Koerant opskrifte het oor die naweek gelei, “ANC as a source of confusion”, en is hulle nie gekonfoes nie!
Dan praat ek nie eens van ons eie swart-skape nie, Stefaans Mofeier en Dronk Dosie! Hulle uitlatings laat my, my kop in skaamte sak en soos Koos Kakhuis sê, “amptelik as Afrikaner bedank.” Met ons volgende nasionale stemdag gaan ek my eie blokkie op die stembrief skep. Tannie Evita as president... Viva Evita! Weet nie hoekom sy nie al lankal toegetree het tot die parlement nie. ‘n Kabaret-kabinet met die “Queen of Drag” is tog immers beter as ‘n Staats-sirkus met slegs ‘n klomp ryk narre, gierige ape en een vet breinlose poephol!
No comments:
Post a Comment