Bydraes

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES of somer net KLETS...
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Meer oor die Skrywer


Ek hou van my privaatheid, daarom verkies ek om te skryf onder ‘n skuilnaam.  Ek hoop in der waarheid, ek hoef ooit my ware identiteit bekend te maak nie.  Daar is net drie mense wat weet dat ek skryf.  Nefie, my kleindogter Leila en 'n boesem vriendin. As my wederhelf moet uitvind ek hou my met sulke “snert” besig, is daar weer huismoleste en buitendien takseer mense op die platteland jou baie gou op jou baadjie.

Tant’ Gedorie:

Dorothea Gertruida (Dorie) van Helsdingen, Nee Potgieter.  Gebore, 25 April 1933, Putsonderwater.  Geskool te Putsonderwater Primêre Skool, 1938 – 1944.  In 1951 trou sy met Jakobus (Koot) Petrus Johannes van Helsdingen van die Plaas, nie die dorp, Witgatworteldraai.

Haar oudste seun, Pieterjan, word op 12 November 1954 gebore en haar dogter, Klein Dorie (Dorothea), aanskou op 10 Mei 1958 die lewenslig.

In 1955 begin Tant’ Gedorie kinderverhale skryf, merendeels vir haar eie kinders en ook later kleinkinders, maar nie een van die verhale word gepubliseer nie.

In Januarie 2010, skenk haar seun aan haar ‘n rekenaar en die skryflus byt haar weer.  Nefie sorg vir ‘n draadlose internet konneksie en die tante se stories word op haar blog, Gedoriewaar, gepubliseer.  Die skrywery geskied maar stadig, juis omdat sy dit skelm gedoen moet word...  Hoe lank sy vir Oompie en die res van die gemeenskap in die duister gaan hou, is opsigself ‘n storie in eie reg.  Intussen wag talle sosiale netwerk gebruikers in afwagting op nuwe stories en daaglikse kwinkslae...

Let wel:  Oom Koot of Oompie, soos almal hom noem, het geen verbintenis met die karakter in André P. Brink se verhaal “Die Geskiedenis van oom Kootjie Emmer van Witgatworteldraai” nie. Ooreenstemming met dorpsnaam en plaasnaam is ook toevallig.

Karakters:

Familie:

Kleinpiet – Kleinseun
Gertjie (Gertruida) – Kleindogter
Janneman – Kleinseun
Leila – Kleindogter
Nefie Gotpieter Potgieter – Gay broerskind en die tante se mentor

Plaaswerkers:

Jantjie en Sarah